# # Minstens 10 mense is dood toe twee sneltreine suid van Madrid gebots het, met die Spaanse media wat sê die dodetal staan nou op 46. Daar was 544 passasiers aanboord van die twee treine toe die ongeluk vroeër vanoggend naby Urda in die Toledo provinsie plaasgevind het. Spanje se spoorwegoperateur sê dienste op die hoëspoedroete wat Madrid met die suidelike dele van Spanje verbind is opgeskort. Nooddienste, insluitend brandbestryders en mediese helikopters, is op die toneel om slagoffers by te staan. Die oorsaak van die botsing, asook die aantal beseerdes, is nog nie bekend gemaak nie.
Minstens 10 dood toe twee treine in Spanje bots