# Gholf: Drie voormalige kampioene keer terug vir die 10de AfrAsia Bank Mauritius-Ope by Mont Choisy Le Golf, wat van 10 tot 13 Desember plaasvind. Die Suid-Afrikaner Jayden Schaper, wat verlede jaar se toernooi in ’n uitspeelstryd gewen het, sal sy titel verdedig teen Engeland se John Parry en die Fransman Antoine Rozner, wat onderskeidelik die kampioene in 2024 en 2022 was. Al drie hoop op ’n tweede oorwinning in die toernooi. Die Suid-Afrikaners Casey Jarvis, Thriston Lawrence, Branden Grace en Dean Burmester is onder die bekende name wat bevestig is vir die toernooi met ‘n prysgeld van 1,5-miljoen-dollar.
Gholf: Drie voormalige kampioene keer terug vir tiende Mauritius-Ope