# Rugby: Ses nuwelinge kan volgende maand hul buigings vir Suid-Afrika maak in die Nasieskampioenskaps-wedstyde in Europa. Hulle is Yaqeen Ahmed, Sebastian de Klerk, Luan Giliomee, Markus Muller, Riley Norton en Emmanuel Tshituka. Springbok-afrigter Rassie Erasmus het 37 spelers aangewys vir die toetse teen Italië, Frankryk en Ierland. Hy is verheug om die belowende jong spelers te verwelkom en sê hul vertoning die afgelope twee seisoene het ‘n groot rol gespeel. Die ervare Bokke Cheslin Kolbe, Eben Etzebeth, André Esterhuizen en Handré Pollard is weens beserings nie beskikbaar nie.
Rugby: Ses nuwelinge ingesluit in Springbok-groep vir Europese toer