Skip to content

Rugby: Furlong kan geskors word ná beweerde vuilspel

# Rugby: Die Ierse stut Tadhg Furlong is aangekla vir beweerde vuilspel tydens Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Munster se Gavin Coombes. Geen onweerlegbare videobewyse is destyds gevind nie, maar ‘n onafhanklike wedstrydbeampte het Furlong intussen aangekla ingevolge rugby se reëls oor onvanpaste kontak. Die Springbok-voorryman Jan-Hendrik Wessels, is in 2025 vir agt weke geskors ná ‘n soortgelyke bewering. Furlong se dissiplinêre verhoor moet nog plaasvind. ‘n Langdurige skorsing kan hom moontlik uit Ierland se internasionale wedstryde in November hou, wat die wedstryde teen die Springbokke insluit.