# Die dodetal in die Kula-boottragedie in die Rivers-staat in Nigerië het tot sewe gestyg. Owerhede het bevestig die soek-en-reddingsoperasie van vier dae is nou beëindig na die herwinning van die laaste twee liggame. Die boot het passasiers in die Kula-waterweë in die Akuku-Toru plaaslike regeringsgebied vervoer, toe dit omgeslaan het. Soekspanne het die gebied sedert die voorval gefynkam en kan nou rekenskap gee van al die vermistes. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is aan die gang.
Dodetal in Nigeriese boottragedie styg tot sewe