# Jordaniese veiligheidsmagte het drie mans in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle nege mense dood gemaak het en 40 ander gewond het tydens ‘n skietery by ‘n Grieks-Ortodokse kerk. Die verdagtes is vroeg Maandag vasgekeer, ná ‘n skietgeveg in die provinsie Karak, suid van die hoofstad, Amman. Al drie mans is gewond, en vuurwapens sowel as ammunisie is gevind. Geen veiligheidspersoneel is beseer nie. Sover het geen groep nog verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar nie, en ondersoekers het nie bande met enige militante organisasie vasgestel nie.
Jordanië arresteer drie verdagtes ná dodelike aanval op kerk