Skip to content

EFF eis onmiddellike arrestasie van Tshwane-burgemeester weens waterkrisis

# Die EFF eis die onmiddellike arrestasie van die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya. Hy beskuldig haar dat sy versuim het om op te tree na aanleiding van waarskuwings dat water van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg onveilig was. Honderde mense het siek geword, insluitend talle kinders van vier jaar en jonger. Die party sê die Departement van Water en Sanitasie het die Parlement ingelig dat ‘n kennisgewing van nie-nakoming in Februarie aan die Stad uitgereik is, maar geen regstellende maatreëls is getref nie.