Skip to content

Rugby: Bulle stuit Ulster se aanslag vir bonuspunt-oorwinning in VRK

# Rugby: Die Bulle het die Ierse span Ulster in die vierde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld in Pretoria met 34-26 geklop. Die tuisspan het ná die eerste helfte met 21-7 voorgeloop, met kaptein Marcell Coetzee se twee drieë en agsteman Elrigh Louw wat nog ‘n drie bygevoeg het. Ulster het in die tweede helfte sterk teruggeveg met drie drieë om die gaping tot vyf punte te verklein. Die plaasvervanger-losskakel Curwin Bosch het egter die Bulle se oorwinning verseker met ‘n strafskop in die doodsnikke van die wedstryd vir ‘n bonuspunt-oorwinning.