Skip to content

Rugby: Stormers klop ’n strydlustige Scarlets-span naelskraaps in VRK-kragmeting

# Rugby: Die Stormers het gisteraand die Scarlets in Kaapstad met 52-40 in ‘n opwindende kragmeting in die vierde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap geklop. Die tuisspan was teen rustyd met 33-14 voor, maar die Walliese besoekers het teruggeveg om die telling met 15 minute voor die einde met 40-elk gelykop te maak. Die plaasvervanger-skrumskakel Yaqeen Ahmed was die held van die wedstryd met twee laat drieë om die Stormers van ‘n oorwinning met ‘n bonuspunt te verseker. Die Stormers het ‘n onoorwonne rekord van ses wedstryde teen die Scarlets.