# Rugby: Die Springbokvroue het gister met 40-27 teen Ierland verloor in die eerste van twee W15-wêreldreekstoetse op die Athlone-stadion in Kaapstad . Suid-Afrika was teen rustyd met 21-17 agter, ná ‘n opwindende eerste helfte waarin albei spanne drie drieë gedruk het. Aseza Hele, Vainah Ubisi, Maria Tshiremba, Lerato Makua en Alichia Arries het vir die tuisspan gaan druk. Ierland het ses drieë gedruk om die oorwinning te verseker. Die spanne kom volgende Saterdag weer op die Athlone-stadion teen mekaar te staan.
Rugby: Springbok-vroue verloor teen Ierland in die eerste van twee W15-wêreldreekstoetse