# Die Tshwane-metropolisie het meer as 50 voetgangers in hegtenis geneem tydens padveiligheidsoperasies langs die N1- en N4-hoofweë omdat hulle hulself en motoriste in gevaar gestel het. Woordvoerder Puleng Motholo sê die arrestasies is uitgevoer tydens optredes oor die afgelope vyf dae. Sy sê die voetgangers is aangekla van gevaarlike optrede. Motholo het die publiek gewaarsku dat dit ingevolge die Wet op Nasionale Padverkeer verbode is om op snelweë en hoofweë te stap:
Meer as 50 voetgangers op Tshwane-hoofweë gearresteer [KLANK]
ENG MotholoONHighways