# Die Stad Kaapstad rapporteer ‘n skerp toename in klagtes oor die onwettige verkoop en afvuur van vuurwerke in die aanloop tot die feestyd. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het gedurende die eerste drie weke van September drie klagtes ontvang oor die onwettige verkoop van vuurwerke, en ses oor die afvuur daarvan. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die syfers het gedurende die eerste drie weke van Oktober gestyg tot minstens 13 klagtes oor onwettige verkope en 49 oor die onwettige afvuur van vuurwerke:
Kaapstad rapporteer skerp toename in klagtes oor onwettige vuurwerke [KLANK]
AFR SmithONFireworks