Skip to content

MK-party betwis OVK se verwerping van aansoek vir wysigings aan kandidatelys

# Die MK-party het die Verkiesingskommissie se weiering veroordeel om hul versoeke te akkomodeer vir die regstelling en wysiging van hul kandidaatlyste vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing. Die party sê die versoek sluit in die plasings van wykskandidate, weggelate kandidate en kandidate wat oorlede is, en voer aan dit raak hul verkiesingsvoorbereidings en deelname. Die OVK het die wysigings verwerp, na aanleiding van die Konstitusionele Hof se uitspraak in die ANC-saak wat volgens hulle nie die benoemingsproses heropen het nie, behalwe vir die herstel om nominasies wat reeds voor die sperdatum op hul aanlyn stelsel vasgelê is.