# AfriForum dring aan by die Stad Tshwane om infrastruktuurprobleme sowel as die vraag na water aan te spreek, aangesien die munisipaliteit voortdurend met watervoorsiening probleme het. Die organisasie sê onlangse voorvalle sluit die pyplynkoppeling by die Garsfontein-reservoir wat onklaar geraak het, asook rioolbesoedeling wat die watervoorsiening vanaf die Findlay-reservoir geraak het. Dit is benewens munisipale waterverliese van 44-persent. Dalena Beyers van AfriForum sê die stad moet verantwoording doen oor waterverliese, infrastruktuurprobleme en herstelwerk, en bewyse lewer van ‘n oormatige vraag deur verbruikers:
AfriForum sê Tshwane se waterkrisis vererger te midde van infrastruktuurprobleme [KLANK]
AFR BeyersOnWaterCrisis