Nuus 17:00
BULLETIN 23 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Real Reform for ECD vra die regering om meer te belê in vroeëkinderjare-ontwikkeling
# Minister Chikunga stel ‘n veldtog vir positiewe manlikheid in Mpumalanga bekend
# En: COSATU in Gauteng veroordeel die beweerde verkragting van ‘n negejarige leerder in Soweto
# Real Reform for ECD het die regering gevra om befondsing vir vroeëkinderjare-ontwikkeling te verhoog en sê onderbelegging is ‘n keuse met rampspoedige gevolge vir kinders. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in die Mini-begroting fondse toegeken vir moeder- en kindvoeding en bykomende maatskaplike werkers. Claire Rankin van die organisasie het die ekonomiese voordele van belegging in vroeëkinderjare-ontwikkeling beklemtoon en sê gehalteprogramme vir minderbevoorregte kinders lewer lewenslange voordele van 13,7-persent per jaar:
# Die minister in die Presidensie, Sindisiwe Chikunga, het ‘n bewusmakingstaptog van een-kilometer in Ermelo, Mpumalanga gelei tydens die bekendstelling van die Veldtog vir Positiewe Manlikheid. Die tema is “Real Men and Boys Build, Protect and Transform“, en wil mans en seuns aanmoedig om verantwoordelikheid te neem in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord, en om vroue en meisies met waardigheid en respek te behandel. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, sê alle provinsies moet die hulpbronne tot hul beskikking ten volle benut om geslagsgeweld hok te slaan:
# Die vakverbond COSATU in Gauteng veroordeel ʼn onderwyser se beweerde verkragting van ʼn negejarige graad 4-leerder by die Busisiwe Primary School in Zola, Soweto, ten sterkste. Die onderwyser het homself Woensdag aan die polisie oorhandig en gister in die Protea-landdroshof verskyn. Die saak is tot volgende Donderdag uitgestel vir ʼn borgtog-verhoor, en die beskuldigde bly in aanhouding. COSATU se Gautengse voorsitter, Amos Monyela, sê skole moet veilige plekke wees waar kinders beskerm word:
# Skole, kantore en finansiële markte in Taiwan is gesluit terwyl Tifoon Champi sterk wind en stortreën in dele van die eiland veroorsaak. Byna ‘n duisend vlugte is gekanselleer, een persoon is dood en meer as 160 mense beseer. Owerhede het meer as twee-duisend-600 mense uit bergagtige gebiede ontruim. Meer as 77-duisend huishoudings was aanvanklik sonder krag, hoewel toevoer intussen meestal herstel is. Die storm is besig om te verswak, maar weerkundiges waarsku oor gure weerstoestande en moontlike verspoelings. Champi sal na verwagting beweeg na China en die suide van Japan.
# Motorsport: Die Britse tiener Freddie Slater sal sy eerste amptelike geleentheid in ‘n Formule Een-motor kry tydens die openings-oefensessie vir volgende maand se Meksikaanse Grand Prix. Die 18-jarige neem deel aan Audi se renjaer-ontwikkelingsprogram en het vanjaar derde geëindig in sy eerste Formule Drie-seisoen. Slater sal na verwagting ook vroeg volgende jaar aan oefensessies tydens die Brasiliaanse Grand Prix deelneem. Audi se wedrendirekteur, Allan McNish, glo die ervarings sal waardevolle tyd agter die stuur aan Slater bied voordat hy volgende seisoen aan Formule Twee deelneem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-57-sent teen die dollar, 18-rand-56-sent teen die euro en 22-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-610-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-27-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 115-dollar-96-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….