# Suid-Korea het weereens militêre gesprekke met Noord-Korea voorgestel om die lande se betwiste landsgrens te verduidelik en die risiko van toevallige botsings te verminder. Die voorstel volg na ‘n landmynontploffing verlede maand in die Gedemilitariseerde Sone, waarin drie Suid-Koreaanse soldate beseer is. Seoul sê Noord-Koreaanse soldate het die militêre afbakeningslyn oorgesteek terwyl hulle paaie en heinings gebou en myne naby die grens gelê het. Pyongyang ontken aanspreeklikheid vir die voorval. Die Noorde het verlede jaar ‘n soortgelyke voorstel ignoreer.
Suid-Korea hernu aanbod vir militêre gesprekke met Noord-Korea