# Die Stad Kaapstad sê die opgradering van 32-miljoen-rand van die Mandela Park-stadion in Khayelitsha, is op koers om voor die komende atletiekseisoen voltooi te wees. Die eerste fase, wat die nuwe atletiekbaan insluit, is afgehandel. Die tweede fase behels die opgradering van sitplekke, beligting, plaveisel en ablusiegeriewe. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die projek sal beter en veiliger sportgeriewe aan plaaslike atlete, skole en atletiekklubs bied.
Stad Kaapstad voltooi eerste fase van R32-miljoen opknapping van Mandela Park-stadion