# Motorsport: Red Bull se viermalige Formule 1-wêreldkampioen, Max Verstappen van Nederland, is vasbeslote om te verhoed dat Mercedes se Italiaanse ster, Kimi Antonelli, die naweek in Amerika die bestuurders-kampioenskap beklink. Verstappen het die vorige twee wedrenne in Maleisië en Singapoer gewen en is tans vierde op die punteleer na die Britse jaers, George Russell van Mercedes, en Lewis Hamilton van Ferrari. Verstappen is 119 punte agter Antonelli, maar het steeds ‘n buitekans om die titel te wen, met nog vyf wedrenne oor ná die naweek se byeenkoms in Austin.
Motorsport: Verstappen hoop om Antonelli die naweek in Austin te stuit