Skip to content

Rugby: VRK hervat na ‘n week se blaaskans

# Rugby: Die Verengide Rugbykampioenskap hervat vandag ná ‘n blaaskans van ‘n week. Die Haaie en Cardiff kom vanaand in Wallis teen mekaar te staan, terwyl Connacht die Italiaanse span Zebre in Ierland verwelkom. Môre speel die Leeus teen Edinburgh in die Skotse hoofstad, en die Bulle ontvang die Ierse span Ulster op Loftus. Die Stormers speel tuis teen die Scarlets van Wallis. Edinburgh is ná drie rondes boaan die punteleer, gevolg deur die Glasgow Warriors, die Bulle en die Stormers met die Haaie wat vyfde is en die Leeus sewende.