Skip to content

Stigting vir Verantwoordelike Dobbelary identifiseer meer as 1 300 Suid-Afrikaners met hoë selfdoodrisiko

# Die Suid-Afrikaanse Stigting vir Verantwoordelike Dobbelary sê meer as een-duisend-300 Suid-Afrikaners wat in die 2025/26-boekjaar om hulp gevra het vir dobbelverwante probleme word beskou as ‘n hoë selfdoodrisiko. Suid-Afrika herdenk tans Geestesgesondheidsbewusmakingsmaand en die uitvoerende direkteur, Sibongile Simelane-Quntana, sê een-duisend-345 mense uit vyf-duisend-199 wat ondersoek was, is hoë selfdoodrisikos. Ses-en-dertig mense moes psigiatries geëvalueer word, terwyl 20 vir 21 dae opgeneem is. Simelane-Quntana vra ‘n daadwerklike openbare gesondheidsbenadering teenoor onbehandelde geestestoestande.