# Die leier van die Vryheidsfront Plus, Cornè Mulder, sê betogings teen buitelandse burgers sonder geldige dokumente is verstaanbaar. Mulder het tydens ‘n toespraak in Durbanville, Kaapstad, gesê dat Suid-Afrika grensveiligheid moet versterk en immigrasiewette moet toegepas word. Mulder sê buitelandse burgers is welkom, mits hulle die land met die nodige visums of permitte binnekom. Hy voer aan dat die owerhede dringend moet optree om ongedokumenteerde immigrasie aan te spreek, eerder as om toe te laat dat mense sonder behoorlike dokumentasie die land binnekom.
VF Plus se leier sê betogings oor ongedokumenteerde buitelanders is geregverdig