Skip to content

Tennis: Swiatek onttrek aan Ningbo Ope in China

# Tennis: Die wêreld-nommer-nege, Iga Swiatek van Pole, sal nie aan die Ningbo Ope in China deelneem nie. Sy het gehoop om daar noodsaaklike punte in te samel om te kwalifiseer vir volgende maand se jaareindtoernooi. Swiatek, die Tsjeg Karolina Muchova en Marta Kostyuk van die Oekraïne ding mee om die laaste plek in die toernooi in Indian Wells. Swiatek sukkel steeds met ‘n probleem aan haar linkerdy ​​en het tyd nodig om te rus en te herstel. Anastasia Zakharova van Rusland sal haar plek in China inneem.