Nuus 15:00
BULLETIN 20 November 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Bedingingsraad beslis Lumka Oliphant se afdanking was onregmatig
# Twee strande in KuGompo City is gesluit ná ‘n noodlottige haaiaanval
# En motorsport: Antonelli kan dalk hierdie naweek al F1 se jongste wêreldkampioen word
# Die Bedingingsraad het beslis die woordvoerder van Maatskaplike Ontwikkeling, Lumka Oliphant, se afdanking was onregmatig. Sy is ‘n jaar gelede afgedank ná bewerings van wangedrag, wat sy ontken. Oliphant se afdanking hou verband met bewerings dat sy inligting uitgelek het oor oudminister Sisisi Tolashe se reis van drie-miljoen-rand na New York. Sy ontken sy was die bron van die inligting en bestempel haar afdanking as ‘n doelgerigte veldtog teen haar. Oliphant het die besluit voor die Bedingingsraad betwis en sal na verwagting op een November terugkeer na haar pos.
# Die vakbondfederasie SAFTU sê nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola se terugkeer na sy pos kom op ‘n kritieke tydstip terwyl die land dringend bestendige, doeltreffende en verantwoordbare polisie-leierskap nodig het. Hy het gister teruggekeer nadat strafregtelike aanklagte teen hom teruggetrek en president Cyril Ramaphosa sy voorsorgskorsing opgehef het. Asive Dyani van SAFTU sê die terugkeer moet gepaardgaan met ‘n hernude verbintenis om die polisie se vermoëns te versterk, korrupsie uit te roei en misdaadsindikate te ontbloot:
# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê groter mededinging in betalingsdienste kan vernuwing bevorder en koste verlaag, maar die wetsraamwerk moet bybly. Hy het tydens die Bank-betalingskonferensie gesê diensverskaffers buite die tradisionele banksektor behoort toegelaat te word om sekere dienste te bied sonder om aan dieselfde vereistes te voldoen. Kganyago sê die voorgestelde magtigingsraamwerk sal verseker die reëls en vereistes word by die risiko-vlak aangepas, terwyl bedryfs-veerkragtigheid gehandhaaf word om verbruikers te beskerm:
# Die Buffalo City Munisipaliteit in die Oos-Kaap het Orientstrand en Oos-strand in KuGompo City tot verdere kennisgewing gesluit ná vanoggend se noodlottige haaiaanval op Orientstrand. Die slagoffer was volgens berigte ‘n bejaarde vrou wat saam met ‘n groep oopwaterswemmers geswem het. Die munisipaliteit vra strandgangers om uit die water te bly op die betrokke strande en versigtig te wees in ander kusgebiede.
# Motorsport: Die Italianer Kimi Antonelli kan dalk reeds dié naweek op die Amerikaanse Grand Prix sy eerste Formule Een-bestuurders-kampioenskap inpalm. Die Mercedes-jaer het sy voorsprong op die punteleer tot 102 punte vergroot, met sy Britse spanmaat George Russell in die tweede plek en landgenoot Lewis Hamilton van Ferrari in die derde plek. Om die titel in Austin te verower, moet Antonelli die wedren wen en hoop dat nie Russell of Hamilton genoeg punte aanteken nie, en binne 124 punte van hom bly wanneer die reeks na Mexiko skuif.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-46-sent teen die dollar, 18-rand-45-sent teen die euro en 21-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-394-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-123-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 113-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….