Skip to content

Gholf: Huidige Amerikaanse Ope-kampioen bevestig deelname aan Nedbank-uitdaagtoernooi

# Gholf: Die deelname van die huidige Amerikaanse Ope-kampioen, Wyndham Clark, aan die Nedbank-uitdaagtoernooi in Noordwes in Desember is bevestig. Hy sal aansluit by sy landgenoot en tweemalige Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, asook die Engelsman Justin Rose, wat die toernooi in 2013 gewen het. Die toernooi begin op 3 Desember by die Gary Player-buiteklub by Sun City. Player, wat as gasheer vir die toernooi optree, sê hulle sal voortgaan om wêreldgehalte-talent te lok. Daar is vanjaar prysgeld van 98-miljoen-rand op die spel, waarvan die wenner 19,7-miljoen-rand sal ontvang.