# Rugby: Verenigde Rugbykampioenskap-aksie hervat hierdie naweek ná afloop van die eerste ronde van die Kampioenebeker en die Uitdaagbeker. Die Stormers, die Haaie en die Bulle het hul wedstryde gewen, terwyl die Leeus en die Cheetahs verloor het. Die Haaie pak Vrydag vir Cardiff in Wallis in ‘n VRK-kragmeting, en die Leeus speel teen Edinburgh in Skotland. Die Bulle verwelkom Saterdag die Ierse span Ulster op Loftus, terwyl die Stormers teen Scarlets van Wallis in Kaapstad te staan kom. Die Cheetahs speel nie in die VRK nie.
Rugby: VRK-aksie hervat dié naweek na die eerste ronde van die Kampioene- en Uitdaagbeker