# Die voormalige president, Thabo Mbeki, sê die ses jaar lange onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering wys hoe ingewikkeld Suid-Afrika se oorgang na demokrasie was. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig oor vertragings met die vervolging van misdade uit die apartheidsera, wat deur die Waarheids-en-versoeningskommissie vir vervolging verwys is. Mbeki het ooreenkomste wat tydens die oorgang bereik is met stukkies van ‘n legkaart vergelyk. Hy sê die verandering van een deel kon die hele ooreenkoms beïnvloed:
Mbeki sê demokratiese oorgang het ’n fyn balans vereis [KLANK]
ENG-MbekiOnJigsaw