# Frankryk se minister van Binnelandse Sake, Laurent Nuñez, erken die polisie het in sekere groot stede beheer verloor tydens onluste te midde van toenemende druk om die orde te herstel. Hy sê hulle het nie die omvang van die geweld voorsien nie, ondanks die ontplooiing van 60-duisend veiligheidsbeamptes. Meer as twee-duisend-500 mense is aangekeer en byna ‘n duisend veiligheidsbeamptes beseer. President Emmanuel Macron het vroeër Nuñez se bedanking verwerp en ‘n dringende ondersoek gelas. Marseille het openbare byeenkomste vandag agt-uur lank verbied te midde van toenemende oproepe vir ‘n aandklokreël.
Franse polisie erken hul het beheer verloor namate onrus versprei