# Rugby: Die Springbok-losskakel Jordan Hendrikse is terug ná ‘n langdurige besering en sal vandag vir die Haaie in hul openingswedstryd van die Uitdaagbeker teen Lyon in Frankryk speel. Die afrigter, JP Pietersen het ‘n span gekies wat grootliks uit reserwespelers bestaan, terwyl die meeste van sy internasionale sterre rus. Nick Hatton voer die span aan, terwyl die voormalige staatmaker Stephan Lewies terug is in die swart-en-wit trui ná ‘n tydperk van sewe jaar by die Engelse klub Harlequins. Ivan van Zyl is Hendrikse se skakelmaat, na hy die Engelse klub Saracens verlaat het.
Rugby: Jordan Hendrikse terug na besering om Haaie te versterk vir wedstryd teen Lyon