Skip to content

Parlement bekommerd oor CETA se vertraging met beurstoekennings en finansiële wanbestuur

# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys is bekommerd oor vertragings by die Onderwys- en Opleidings- owerheid vir die Konstruksiebedryf met die toekenning van beurse. Dit ontneem studente van ‘n kans om betyds toegang tot opleiding- en studiemoontlikhede te kry. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het CETA in Augustus verlede jaar onder administrasie geplaas weens bestuurs- en bedryfsprobleme. Die komitee-voorsitter, Tebogo Letsie, sê hul is ook bekommerd oor sy finansiële posisie, veral gerapporteerde uitgawes van 1,25-miljard-rand teenoor sy inkomste van 914-miljoen-rand, wat tot ‘n tekort van 336-miljoen-rand gelei het.