Nuus 09:00
BULLETIN 15 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC is gereed om met COSATU se nuwe bestuur saam te werk
# ‘n Amptenaar van die Grensowerheid is in hegtenis geneem met 22 gestempelde paspoorte
# En Musk sê Trump het die spoed van Oekraïense hommeltuie beperk
# Die ANC verwelkom die uitkoms van COSATU se 15de nasionale kongres en die besluite wat aanvaar is. Een van die belangrike besluite is dat die vakverbond die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing sal ondersteun, ondanks die SAKP se besluit om onafhanklik van die drieparty-alliansie aan die verkiesing deel te neem. Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die party sal saam met COSATU se nuwe bestuur werk aan die visie van ‘n beter lewe vir almal:
# ʼn Amptenaar van die Grensbestuursowerheid op die Maseru-grenspos is aangekeere nadat hy blykbaar paspoorte onwettig gestempel het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die ondersoek volg nadat inligting van die Staatsveiligheids-agentskap ontvang is oor burgers van Lesotho se paspoorte wat gemonitor word. Sy sê volgens intelligensie is die paspoorte vermoedelik van Limpopo na Ladybrand vervoer om onwettig gestempel te word en die visums se geldigheid en tydperk in Suid-Afrika te verleng:
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, wil die herstel van elektrisiteitsvoorsiening in Rabie-rif, Kanana en Klipfontein View bespoedig na klagtes van inwoners oor herhaalde kragonderbrekings en probleme met infrastruktuur. Toevoer na Rabie-rif Uitbreiding Vier en Vyf het tussen Julie en Oktober vanjaar 17 keer uitgeskakel en onwettige verbindings kry die skuld vir die netwerk se oorlading. Morero vra inwoners om die metro te help in sy stryd teen onwettige verbindings:
Nuus uit die buiteland:
# Elon Musk ontken betrokkenheid by die spoedbeperking van Starlink-skakeling by sommige dienste in Oekraïene en sê dit was die Amerikaanse president, Donald Trump, wat die besluite geneem het om beperkings op Kiëf se noodsaaklike kommunikasiestelsels te hef. Starlink, wat aan Musk se SpaceX behoort, het spoedbeperkings op 100 myl per uur gestel, wat beteken wapens wat vinniger as dit trek, verbinding met die netwerk verloor. Musk sê die Starshield-stelsels behoort aan en word deur die Amerikaanse regering beheer en enige beperkings van spoed of gebruik word deur die weermag en eindelik deur Trump besluit.
# Sokker: Die verdedigende kampioen, Paris Saint-Germain, het Manchester City 4-2 verslaan op die Etihad-stadion en sit hul segetog in die Kampioeneliga voort. PSG het drie doele in die eerste helfte aangeteken om beheer te neem voor Maghnes Akliouche se doel in die 62ste minuut die saak vir Luis Enrique se span beklink het. In Italië het die 15-malige kampioen, Real Madrid, ’n terugkeer gemaak en Roma 4-3 geklop. Bradley Barcola het ʼn driekuns behaal en Liverpool het LASK 6-3 verneder, terwyl Aston Villa in hul grootste Europese oorwinning Fenerbahçe met 6-0 verpletter het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-56-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-51-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-144-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 106-dollar-49-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….