# AfriForum sê die feit dat die Stad Johannesburg oorweeg om die privaat sektor by watervoorsiening te betrek, toon dat die huidige munisipale diensleweringsmodel inwoners in die steek laat. Die organisasie glo gemeenskappe behoort alternatiewe vir onbetroubare munisipale dienste te hê. Lambert de Klerk van AfriForum sê privaat maatskappye en gemeenskapsorganisasies behoort toegelaat te word om te help met die verskaffing van waterdienste ten einde mededinging, innovering en groter gemeenskapsbeheer te bevorder. Hy het bygevoeg die prioriteit is nou om doeltreffende oplossings so vinnig moontlik in te stel.
AfriForum vra einde aan Johannesburg se monopolie oor watervoorsiening