# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering se nuwe waterstrategie dui nie duidelik aan wanneer probleme opgelos sal word, hoe verbeterings befonds gaan word of wie aanspreeklik gehou sal word nie. OUTA steun planne om waterverliese te verminder, infrastruktuur te herstel en geskikte personeel aan te stel, maar sê van die teikens vir 2030 gaan waarskynlik eers teen 2035 bereik word. Woordvoerder Julius Kleynhans sê amptenare moet aanspreeklik gehou word:
OUTA sê nuwe waterstrategie bied nie duidelike spertye of aanspreeklikheid nie [KLANK]
AFR KleynhansOnWaterStrategy