# Die ANC-Vroueliga veroordeel Saterdag se moord op drie vrouebestuurders in ‘n Boxer-winkel in Eshowe, KwaZulu-Natal. ‘n Medewerknemer is daardie oggend ontslaan na ‘n tugverhoor ontslaan en het ‘n vergadering met die bestuurders gevra waar hy hulle toe na bewering geskiet het. Die verdagte het van die toneel gevlug. Die liga sê die voorval, twee weke na president Cyril Ramaphosa se toespraak oor vrouemoord, toon die wreedheid teenoor vroue. Hulle vra ‘n referendum oor die doodstraf en het die polisie aangespoor om die moordenaar gou op te spoor.
ANC-Vroueliga veroordeel die skietdood van drie vrouebestuurders by winkel in KZN