# Die DA doen ‘n beroep op die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, om ‘n forensiese ondersoek na die Stad Tshwane se kontrakte vir watertenkwaens in te stel. Die party het gevra vir ‘n ondersoek na die besteding van 777-miljoen-rand aan watertenkwaens gedurende die 2024/2025-boekjaar, met verwysing na beweerde onreëlmatighede in die verkrygingsproses. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Cilliers Brink, sê die ondersoek moet vasstel of die gekontrakteerde dienste wel gelewer is en wie die betalings gemagtig het:
DA vra vir ’n ondersoek na betalings aan watertenkmaatskappye met politieke bande in Tshwane [KLANK]
ENG BrinkOnSuppliers