# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê ambulanse wat by noodmediese basisse geparkeer staan, beteken nie noodwendig hul is stukkend of onbenut nie. Die departement sê een van die basisse beskik oor 33 voertuie, waaronder 22 noodambulanse, vyf intensiewesorg-ambulanse en ses wat vir die vervoer van pasiënte gebruik word. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê ambulanse word gereeld ingeruil vir instandhouding, terwyl sommige ook by klinieke en ander gesondheidsgeriewe ontplooi word om pasiënte te ondersteun:
Gauteng Gesondheid sê geparkeerde ambulanse beteken nie nooddienste staan stil nie [KLANK]
ENG MabonaOnIdleAmbulances