# ‘n Sesjarige meisie is in ‘n bedenklike toestand nadat sy vanoggend verskeie kere gesteek is in ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes in Umhlali aan KwaZulu-Natal se noordkus. Sy is onder gevorderde lewensondersteuning na ‘n gespesialiseerde mediese gerief geneem. Die polisie sê ‘n tiener-verdagte wat na bewering ‘n voormalige leerder is, het toegang tot die kerkgebaseerde skool verkry, ‘n klaskamer toegesluit en die meisie voor haar klasmaats aangeval. ‘n Onderwyser het die deur oopgedwing en ingegryp. Die verdagte is aangekeer en aan die polisie oorhandig.
Sesjarige ernstig beseer in steekvoorval in skool vir spesiale behoeftes in KZN