Skip to content

Rugby: Jake White as Fidji se nuwe hoofafrigter aangestel

# Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-afrigter Jake White is bevestig as Fidji se hoofafrigter wat die span van die Stille Oseaan-eiland na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië sal lei. Die 62-jarige, wat die Bokke in 2007 na Wêreldbeker-triomf gelei het, het ook spanne soos die Brumbies, die Haaie en Montpellier afgerig. Die voorsitter van Fidji se beheerliggaam, John Sanday, sê White verstaan ​​wat nodig is om ‘n Wêreldbeker-wenspan te bou, en sy ervaring, leierskap en kampioensmentaliteit is presies waarna hulle op soek was.