Nuus 17:00
BULLETIN 9 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber waarsku teen waninligting oor immigrasie
# Die Stad Tshwane waarsku inwoners van Mamelodi oor ʼn bedrieglike behuisingsvraelys
# En, tennis: Hubert Hurkacz skakel Novak Djokovic uit by die Sjanghai-meesterstoernooi
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het gewaarsku teen waninligting rakende ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof oor asielsoekers. Schreiber het in ‘n onderhoud met die SABC gesê hulle het die howe versoek om duidelikheid te verskaf oor die reëls vir die aanhouding van asielsoekers terwyl hul aansoeke verwerk word. Hy meen aanhouding behoort onder sekere voorwaardes toegelaat te word. Hy het bewerings verwerp dat Binnelandse Sake outomatiese burgerskap, stemreg of asiel toestaan:
Intussen vra Forum for South Africa vra dat ‘n nasionale referendum gehou word oor immigrasie, grensbestuur, asielprosesse en die land se grondwetlike raamwerk. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê mense wat Suid-Afrika wettig binnekom, die wet gehoorsaam en ʼn bydrae tot die samelewing lewer moet met waardigheid en respek behandel word. Hy voeg egter by die publiek se frustrasie neem toe oor die regering se vermeende versuim om onwettige immigrasie te beheer en die land se grense te beveilig:
# Die Stad Tshwane se Departement van Menslike Nedersettings het ʼn dringende waarskuwing aan inwoners van Mamelodi Uitbreiding Ses en omliggende gebiede uitgereik oor ʼn bedrieglike behuisingsvraelys-slenter. Swendelaars doen hulle voor as verteenwoordigers van die stad en gaan rond met ʼn bedrieglike dokument, Housing Beneficiary Investigation Questionnaire. Die departement se woordvoerder, Doreen Mokgolo, het bevestig dat die munisipaliteit nie so ʼn opname of ondersoek doen nie:
En nou na die buiteland
# Amerikaanse gesante Steve Witkoff en Jared Kushner sal vandag in Miami met Oekraïnse amptenare vergader om nuwe voorstelle voor te lê om Rusland se oorlog in Oekraïne te beëindig. Die samesprekings volg nadat president Volodymyr Zelensky Washington gekritiseer en Amerika beskuldig het dat hy nie bereid is om Oekraïne te help om homself teen Russiese aanvalle te verdedig nie. Kiëf vra sterker lugverdediging en veiligheidswaarborge, en die heropbou van Oekraïne ná die oorlog. Europese amptenare is na die samesprekings genooi. Dit volg terwyl Rusland en Oekraïne mekaar steeds aanval.
# Tennis: Hubert Hurkacz van Pole het die viermalige kampioen Novak Djokovic by die Shanghai Meesterstoernooi in twee stelle in die tweede ronde geklop om na die derde ronde deur te dring. Die 29-jarige het ‘n einde gemaak aan Djokovic se agt oorwinnings en het in ‘n indrukwekkende 13 kishoue en 28 wenhoue geslaan. Die 39-jarige Djokovic het in Sjanghai aangekom kort na hy ‘n rekord sewende China Ope-titel in Beijing gewen het. Die nederlaag is nog ‘n terugslag in ‘n moeilike seisoen vir Djokovic, wat onverwags in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-55-sent teen die dollar, 18-rand-52-sent teen die euro en 21-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-502-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-189-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 106-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….