# Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell was die vinnigste in die enigste oefensessie vir die Singapoer Grand Prix met ‘n tyd van een-minuut-32,274-sekondes. Charles Leclerc van Ferrari was tweede, met Lando Norris van McLaren in die derde plek op ‘n stowwerige baan te midde van rook weens brande in Indonesië. Die snelren-formaat beteken spanne het net een oefensessie voor kwalifisering. Russell se goeie vertoning is egter oorskadu deur ‘n kragbron-straf, wat beteken hy sal Sondag se Grand Prix heel agter begin.
Motorsport: Russell vinnigste in Singapoer GP-oefensessie te midde van rookmis