Skip to content

Trump sê daar sal geen aanval op Iran wees voor middeltermynverkiesing nie

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê Washington sal nie voor die middeltermynverkiesing nuwe aanvalle op Iran uitvoer nie. Hy sê gesprekke met Teheran is tans aan die gang en Amerika se blokkade van Iranse hawens sal van krag bly terwyl onderhandelings voortduur. Die oorlog het reeds energievoorrade ontwrig en brandstofpryse die hoogte in laat skiet. Die twee lande het voorstelle uitgeruil gemik op die beëindiging van die konflik en om die Straat van Hormoes, ‘n belangrike wêreldhandelsroete, te heropen. Trump het egter Iran se jongste voorstel verwerp.