Skip to content

Gholf: Lee kort op hakke van voorlopers in Baycurrent Classic in Japan

# Gholf: Min Woo Lee van Australië is kort op die hakke van die voorlopers in die Baycurrent Classic in Japan nadat hy het met ‘n vyf-onder-baansyfer 67 geopen het. Die 28-jarige is deel van die groep voorlopers op die punteleer op die Yokohama-buiteklub. Die Amerikaner, Jacob Bridgeman is heel voor nadat hy ‘n skitterende agt-onder-baansyfer 63 aangeteken het, met Jordan Smith van Engeland slegs een hou agter hom. Die verdedigende kampioen, Xander Schauffele, is ook in die wedloop. Die toernooi eindig Sondag.