Skip to content

Regspan vra hof om bewyse ná Christa Pike se mislukte teregstelling te bewaar

# Christa Pike se regspan het ‘n hof in Tennessee versoek om bewyse wat verband hou met haar mislukte teregstelling verlede week te bewaar. Pike het die teregstelling oorleef nadat sy twee dosisse van ‘n dodelike inspuiting ontvang het en is tans in die hospitaal. Haar regspan wil hê alle bewyse, insluitend naalde, inligting rakende die middel en amptelike teregstellingsrekords, moet bewaar word. Volgens die regsverteenwoordigers het die teregstellingspan gesukkel om ‘n aar vir die inspuiting te vind, wat ernstige beserings aan Pike se arms veroorsaak het. Owerhede in Tennessee sê die betrokke bewyse word reeds bewaar. ‘n Hofverhoor oor die versoek vind vandag plaas.