Skip to content

Sokker: Senegal se appèl oor sy Afcon-titel môre aangehoor

# Sokker: Die Hof vor Sportarbitrasie sal môre Senegal se appèl aanhoor teen die besluit om die land sy Afrikabeker-titel te ontneem. Die Afrika-beheerliggaam, CAF, het die titel in Maart aan Marokko toegeken, ten spyte daarvan dat Senegal die eindstryd in Januarie met 1-0 in bykomende tyd gewen het. Dit het gebeur nadat Senegal se spelers vir 14 minute van die veld gestap het uit protes teen ‘n beslissing van die skeidsregter. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het deur van die veld te stap. Die beheerliggaam en albei lande sal vertoë aan die hof rig.