# AfriForum se privaat vervolgingseenheid sê president Cyril Ramaphosa se herstelplan vir geslagsgeweld onthul jare lange mislukkings van die polisie. Die eenheid het in korrespondensie met die waarnemende nasionale kommissaris, Puleng Dimpane, ses sake uitgewys waarin onder meer beweerde verkragters en moordenaars tot vyf jaar lank los rondloop. Barry Bateman van AfriForum sê die polisie gebruik die woord “gesirkuleer” om aanspreeklikheid te ontduik, terwyl dossiere stof vergader en slagoffers sonder terugvoer gelaat word:
AfriForum beskuldig SAPD dat hy toelaat dat verkragters en moordenaars vry rondloop [KLANK]
AFR BatemanOnGBV