Skip to content

Tennis: Djokovic behaal 102de loopbaantitel in Beijing

# Tennis: Novak Djokovic het sy 102de loopbaantitel verower na hy ‘n rekord sewende China Ope-titel in Beijing ingepalm het. Die 39-jarige Serwiër het Alex de Minaur van Australië met 7-6 in die eerste stel geklop voor sy teenstander weens ‘n besering onttrek het. Djokovic bly onoorwonne in Beijing, met 34 oorwinnings uit 34 wedstryde. Die oorwinning is sy eerste titel van die seisoen en beteken hy het vir ‘n rekord 21ste agtereenvolgende jaar ten minste een titel gewen. Slegs Jimmy Connors, met 109 titels, en Roger Federer, met 103, het meer in die Ope-era gewen.