# Olimpiese Spele: Suid-Afrika is een van sewe lande wat belangstelling getoon het om die Olimpiese Somerspele van 2036 aan te bied. Die ander lande is Indië, Katar, Duitsland, Hongarye, Turkye en Suid-Korea. Die Internasionale Olimpiese Komitee sê lande het tot die einde van dié maand tyd om hul belangstelling bekend te maak, voordat ‘n kortlys in Maart volgende jaar opgestel word. Die Olimpiese Spele van 2028 vind in Los Angeles plaas, terwyl Brisbane die Spele van 2032 sal aanbied. Suid-Afrika het nog nooit die Olimpiese Spele aangebied nie.
Olimpiese Spele: Suid-Afrika in wedloop om 2036 Olimpiese Somerspele aan te bied