Skip to content

Bemanning vermis na skip in hommeltuigaanval naby Bulgarye gesink is

# Die bemanning van ‘n vragskip word vermis nadat dit in die Swart See, voor die kus van die NAVO-lidland Bulgarye, ná ‘n hommeltuigaanval gesink het. Die Bulgaarse premier, Rumen Radev, sê twee vragskepe is ongeveer 112 kilometer van die kus af aangeval. Die bemanning van ‘n tweede skip wat graan vervoer het, is gered en twee mense is beseer. Die nasionaliteit van die vermiste bemanning is onbekend. ‘n Bron in maritieme veiligheid sê aanvanklike ramings dui daarop dat Rusland verantwoordelik was. Bulgarye het ‘n soektog na die vermiste bemanning van stapel gestuur.