# Die African Transformation Movement vra ‘n ondersoek na beweerde gevalle waar werk in ruil vir stemme aangebied is in die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap. Woordvoerder Zama Ntshona sê vrywilligers is meegedeel hulle sou poste in die Uitgebreide Openbare Werksprogram kry indien hulle hul ATM-T-hemde vir ANC-T-hemde verruil. Hy sê hulle gaan die speaker van die raad vra vir ‘n ondersoek na die aanwending van munisipale poste vir politieke gewin:
ATM vra ondersoek na Buffalo City se bewerings van werk-vir-stemme [KLANK]
ENG NtshonaOnClaims