# Vroue in Vusimuzi in Thembisa, Gauteng, sê hulle leef in vrees en die gebied moet tot ‘n gevaarsone verklaar word nadat die liggame van 12 vroue die afgelope twee maande gevind is. Inwoners sê misdadigers slaan toe te midde van min sigbare wetstoepassing, terwyl daar gereeld berigte van rooftogte en huisinbrake snags is. Die jongste slagoffer se liggaam is voor die Mooifontein-begraafplaas gevind. Inwoners vra meer patrollies, straatligte en ingryping deur die nasionale regering. Hulle sê hulle voel nie meer veilig om werk toe te gaan nie.
Vroue in Thembisa vra gebied om tot gevaarsone verklaar te word