Skip to content

DA eis akkurate geslagsgeweld-misdaadstatistiek van die SAPD

# Die DA het sy eis herhaal dat die volgende stel nasionale misdaadstatistieke akkurate, gedetailleerde syfers oor misdade teen vroue en kinders moet insluit. Die woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, het ‘n skriftelike versoek aan die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, gerig nadat die Polisiediens erken het dat huidige data oor geslagsgeweld inherent onakkuraat is weens invoerfoute. Sy sê die tekortkominge verdoesel die werklike omvang van die krisis en belemmer die toewysing van hulpbronne en die monitering van vordering. Schickerling eis ‘n vaste sperdatum vir reggestelde data.